Appèlraad stuit implementering van inspeksie op graan en oliesade
Die Appèlraad vir Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, aangestel deur die direkteur-generaal om te beslis oor die implementering van die inspeksie-dienste op graan en oliesade, het bevind die dienste is onwettig. Die raad het beslis die fooie gevra deur die maatskappy wat aangestel is, kan nie gekoppel word aan die bevoegdhede wat uitgeoefen moet word nie. Die hoofbestuurder van Agbiz, John Purchase, het die beslissing verwelkom en sê dit verseker die beskerming van belanghebbendes ten gunste van wettige en billike prosedurele prosesse.