Pres. Hage Geingob maak nuwe Covid-maatreëls bekend
Namibiese President Hage Geingob sê as gevolg van die hoë hoeveelheid Covid-infeksies weens die Omikron-variant, is Namibië tans in die vierde vlaag. Hy het die volgende maatreëls bekend gemaak wat tot 15 Janaurie 2022 geld: Getalle by openbare byeenkomste verminder vanaf 500 mense na nie meer as 200 mense per byeenkoms nie. Geen aandklokreël sal tans geïmplementeer word nie en verkoopstye van alkohol bly dieselfde.