Covid-pandemie het impak op regbank
Die waarnemende hoofregter in die buurland, Raymond Zondo, sê die Covid-pandemie het die daaglikse werk van die regbank beïnvloed. Hy het die jaarverslag van die regterlike gesag vir die 2020/2021 boekjaar voorgelê. Vandag is nasionale Regsdag. Zondo sê die dag is baie belangrik aangesien dit aan hulle die kans bied om aan die publiek verantwoording te doen. Dis ‘n verantwoordelikheid waaroor hulle baie sterk voel.