Navorsers bevestig Einstein se Relatiwiteitsteorie

Navorsers van tien lande, insluitende die hoof-wetenskaplike van die Suid-Afrikaanse Radio Astronomie Sterrewag, Sarao, het die afgelope 16 jaar in ‘n spesiale eksperiment Einstein se Relatiwiteitsteorie aan van die strafste toetse tot nou toe onderwerp. ‘n Woordvoerder van die sterrewag sê die eksperiment, wat die waarneming van twee unieke sterre in wentelbane insluit, is gedoen deur sewe radio-teleskope op verskeie plekke in die wêreld, waaronder die MeerKAT-teleskoop in die Noord-Kaap. Die sterre is albei so groot soos groot stede. Sarao sê die resultaat bewys Einstein se teorie is wetenskaplik korrek en dat dit die toets van die tyd deurstaan het. Die bevindings is in Physical Review X gepubliseer.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *