ANC glo onder geldelike druk

Die ANC skarrel glo rond om sowat 200-miljoen-rand voor die einde van die jaar in te samel om sy skuld te delg en werknemers te betaal. Volgens die Sunday Times staar ‘n treurige Kersfees werkers in die gesig want die party skuld hulle drie maande se salarisse. ANC-werknemers het aanhou werk tydens die plaaslike regeringsverkiesing, ondanks die feit dat hulle vyf maande lank nie betaal is nie. Salarisse vir Augustus en September is eers verlede week betaal ná werknemers hulle protesoptrede versterk het. Hulle het sosiale-media-aanvalle op die ANC se tesourier-generaal, Paul Mashatile van stapel gestuur.