Beleidskenner reageer op Geingob se sterk Covid-waarskuwing

Namibiese President Hage Geingob het vandag ’n sterk waarskuwing aan Namibiërs tydens die 37ste Covid-inligtingsessie by Staatshuis uitgestuur. Hy het gemaan dat die publiek tot 15 Desember het om gevalle onder beheer te bring of nuwe inperkingsmaatreëls sal ingestel word. Hy sê die regering sal geen ander keuse hê nie. Graham Hopwood, direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, gee sy mening oor die President se waarskuwings aan Kosmos 94.1 Nuus.