Geingob vra waarom Namibiërs weier om ingeënt te word

President Hage Geingob sê Namibiërs is nie verantwoordelik nie en weier om geënt te word. Hy sê daar word maatreëls teen sulke mense in ander dele van die wêreld ingestel, selfs in Botswana. Hy sê dis onaanvaarbaar dat mense weier om ingeënt te word en 150 000 dosisse entstowwe in Namibië vernietig moet word.