Krieket

Indië se toer na Suid-Afrika sal, met sekere aanpassings, voortgaan, ten spyte van kommer oor die Omikron Covid-19-variant. Krieket Suid-Afrika sê Indië sal drie eendag internasionale- en drie toetswedstryde teen die Proteas speel. Die vier T20-wedstryde sal egter volgende jaar herskeduleer word. Die Indiese span was veronderstel om op 9 Desember aan te kom, maar weens logistieke reëlings het die datum met ‘n week aangeskuif. Die toer sal met die strengste Covid-19-riglyne moontlik plaasvind. Die wedstrydstadions sal binnekort aangekondig word.