Bank van Namibië voorspel 1,5% ekonomiese groei vir 2021

Die Bank van Namibië het die ekonomiese vooruitsigte van Desember 2021 bekend gemaak met groei van 1,5 persent wat in 2021 verwag word en in 2022 verder gaan verbeter. Groei word in die mynboubedryf en die meeste tersiêre bedrywe verwag. Die verwagte groei van 1,5 persent is beter in vergelyking met die 1,4 persent wat die ekonomiese vooruitsigte in Augustus 2021 was. Die Covid-pandemie, veral met nuwe variante, het nog steeds ‘n impak op die ekonomie en sluit ook in lae internasionale pryse vir sommige Namibiese uitvoere.