Hof wys aansoek van die hand om Shell se seismiese opname langs Wildekus te staak

Die hooggeregshof in Makhanda in die Oos-Kaap het ‘n aansoek van die hand gewys om Shell se seismiese opname aan die Wildekus te staak. Regter Avinash Govindjee sê hy is nie oortuig van redes om te vrees dat “onherstelbare skade” gedoen sal word indien ‘n dringende interdik nie toegestaan word nie. Hy sê in sy uitspraak die internasionale maatskappy het besonderhede verskaf wat in ooreenstemming is met sy Omgewingsbestuursprogram en die versagtende maatreëls wat nodig is vir die opname. Die aansoek is met koste van die hand gewys.