Sluiting van Van Reenenspas het nie impak op Namibiese trokdrywers

Die Van Reenenspas tussen die Vrystaat en KwaZulu-Natal naby Harrismith is tans gesluit weens stakende vragmotorbestuurders. Volgens berigte deur ooggetuies op die toneel is gemeenskapslede besig om die vragmotors te plunder. Wetstoepassers hou die situasie dop, maar motoriste word aangeraai om reise na die gebied eers uit te stel. Kosmos 94.1 Nuus het aan Namibiese vervoerbedryfskenner, Stefan Terblanche, gevra of Namibiese trokke hierdeur geraak word. Hy het so geantwoord.