Zimbabwiese President bevorder nie juis menseregte en demokratiese vryheid

Sedert Emmerson Mnangagwa in November 2017 die President van Zimbabwe geword het en demokratiese hervorming beloof het, het hy nie veel vir menseregte en demokratiese vryheid in die land gedoen nie. Ongelukkig ly Zimbabwiërs steeds onder dieselfde misbruike, sê Tendai Biti, MDC Alliance se adjunkpresident, aan Kosmos 94.1 Nuus.