Leonie Dunn as tweede adjunkgoewerneur van BoN aangestel
President Hage Geingob het Johannes !Gawagab en Ebson Uanguta as onderskeidelik die goewerneur en adjunkgoewerneur van die Bank van Namibië vir ‘n tydperk van vyf jaar heraangestel. Hul aanstellings is effektief vanaf 1 Januarie 2022. Geingob het ook vir Leonie Dunn as tweede adjunkgoewer van die Bank vir vyf jaar aangestel.