Gesondheidsministerie bevestig Omikron-variant is nie in Namibië
Positiewe Covid-19 gevalle het die afgelope maande drasties in Namibië afgeneem, maar het vandag landwyd met 44 persent teogeneem. Die Namibiese gesondheidsministerie het vandag 81 nuwe Covid-gevalle aangemeld. Paniek heers oor die nuwe Omikron-variant wat ‘n week gelede in Suid-Afrika geïdentifiseer is. Die uitvoerende direkteur in die ministerie, Ben Namgombe, het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat geen laboratoriumtoetse aandui dat die variant in Namibië is nie.