Vertoonlokaal word slaapkamer ná sneeustorm
‘n Sneeustorm in Denemarke het personeel en klante van ‘n Ikea-vertoonlokaal gedwing om dit in ‘n reuse-slaapkamer te omskep. Ses kopers en byna twee dosyn werkers is gestrand toe tot 30 sentimeter sneeu geval en hulle teen toemaaktyd binne in die afdelingswinkel vasgekeer het. Mense wat in ‘n speelgoedwinkel langsaan werk, moes ook die nag in die Ikea-winkel deurbring. Winkelbestuurder Peter Elmose sê hulle het hulleself maar vermaak deur te eet en televisie te kyk.