Agra help boere in brandgeteisterde gebiedeDecember 1, 2021
Boere in brandgeteisterde gebiede bedank Agra vir hul ondersteuning aan boere en plaaswerkers wat onverpoosd die vure probeer blus. Op dieselfde dag wat ‘n noodkreet om hulp uitgestuur is, is drie volledige brandbestrydingseenhede ontvang, asook koeldrank en blikkieskos deur Agra afgelewer. Piet Stoman, kommunikasiebestuurder van Agra, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle help graag die boeregemeenskap.