Korrupte veroordeelde Otji-raadslid van bestuurskomitee benoem

Otjiwarongo-munisipaliteit se raadslede het mekaar die hare ingevlieg tydens hul interne verkiesing. Dit volg na die 47-jarige Hilde Noreses as raadslid van die bestuurskomitee genomineer is en opposisielede dit heftig teengestaan het. Noreses is in Julie skuldig bevind aan klagte van omkopery en korrupsie waarna sy ‘n boete van 50 000 Namibiese dollar betaal het om twee jaar tronkstraf vry te spring. Die verkiesing is tot 14 Desember uitgestel vir raadslede om hul meningsverskille op te los.