Osona-veldbrand verwoes verskeie plase

Die veldbrand wat sowat ‘n week gelede by die Osona militêre basis begin het, is in die omgewing van die Omujeve-jagplaas met behulp van talle boere onder beheer gebring, maar ‘n ander vleuel van die vuur woed nog in die berge oos van Midgard. Corné Kruger van Omujeve sê sowat ses plase het heeltemal afgebrand en sowat 12 plase het erge skade gely.