Drie liggame gevind na modderstorting by myn

Die liggame van drie van die vyf Impala-mynwerkers wat ná ‘n modderstorting by die Rustenburg-aanleg in Noordwes ondergronds vasgekeer was, is gevind. Volgens Impala het sewe mynwerkers Sondag aan die onderpunt van die skag gewerk toe dit weens ‘n storting met modder gevul is. Twee werkers het met geringe beserings ontkom, terwyl vyf werkers vasgekeer is. Johan Theron van Impala sê werk by die bepaalde skag is steeds opgeskort.