LPM sê gemeenskappe is nie geken in volksmoord-ooreenkoms

Die Landless People’s Movement, LPM, het die naweek besprekings oor die kwessie van die volksmoord-ooreenkoms gehad. Volgens LPM se Twitter-blad, het gemeenskappe gesê hulle aanvaar nie die volksmoord-ooreenkoms met Duitsland nie, want hulle was nooit deel van die proses nie. Die kwessie is glo nooit met hulle bespreek nie en hulle is ook nie gevra wat hulle nodig het nie. Eneas Emvula, woordvoerder van die LPM sê aan Kosmos 94.1 Nuus die gemeenskappe meen hierdie kwessie word deur die regering gestoomroller.