Namibiese sakeman sê inperking sal ekonomie knel

Op die oomblik verkeer groot dele van die wêreld in paniek oor die opsporing van die nuutste Covid-variant Omikron wat in onder meer Suid-Afrika en Botswana en verskeie lande reeds voorkom. Daar is volgens kundiges die moontlikheid dat ons dalk nog ‘n inperking in die gesig staar. Sven Thieme, die uitvoerende voorsitter van die O&L-groep, oor sy verwagtinge uit ‘n sake-oogpunt.

Hy het ook sy mening gegee oor die moontlikheid om die grense te sluit, maar streeksgrense binnelands oop te hou.