Oscar Pistorius se oorplasing weens dialoog met Reeva se familie

Suid-Afrikaanse korrektiewe dienste sê ‘n slagoffer-oortreder-dialoog is nie ‘n proses van parool-plasing nie, maar eerder ‘n program wat plaasvind voordat ‘n oortreder vir parool oorweeg word. Hierdie verduideliking volg nadat Oscar Pistorius oorgeplaas is na ‘n korrektiewe sentrum in Gqeberha in die Oos-Kaap. ‘n Woordvoerder, Singabakho Nxumalo, sê dit moes gedoen word om Pistorius se dialoog met sy slagoffer, Reeva Steenkamp, se ouers te vergemaklik, aangesien haar pa ongesteld is en nie kan reis nie. Hy sê die departement wil hê deelnemers moet toegelaat word om sonder onnodige druk te kan deelneem.