SA polisiebeampte weer in hof oor beskadiging van infrastruktuur

‘n Suid-Afrikaanse polisiebeampte sal na verwagtng vandag die tweede keer in die hof in Klerksdorp in Noordwes verskyn op aanklagte dat hy noodsaaklike infrastruktuur beskadig het. Die 41-jarige Frederick Barnard was in aanhouding tot sy eerste verskyning verlede Maandag vir ‘n formele borgtogaansoek. ‘n Polisiewoordvoerder, Sabata Mokgwabone, sê Barnard is gearresteer toe die polisie op ‘n wenk gereageer het oor ‘n man wat na bewering koperkabels op sy perseel brand.