SA Landbou-sakekamer verwag matige voedselprysinflasie aan begin van 2022

Die Landbou-sakekamer van Suid-Afrika verwag matige voedselprysinflasie aan die begin van volgende jaar. Die land se verbruikers-voedselprysinflasie het verlede maand jaar-op-jaar verlangsaam tot 6,7 persent. Wandile Sihlobo van die kamer sê die relatief-hoër voedselpryse word nie veroorsaak deur binnelandse boere en voedselverwerkers nie, en is ook nie uniek aan Suid-Afrika nie; dit ‘n wêreldwye verskynsel. Hy voeg by die belangrikste stygingsgevare vir globale voedselpryse, soos die droogte in Suid-Amerika en ‘n stygende vraag na landbouprodukte in Asië, duur voort. Dr. Kobus Laubscher, ‘n bekende landbou-ekonoom verduidelik die Namibiese verband aan Kosmos 94.1 Nuus.