SA beëindig Zimbabwiese Vrystellingspermitprogram

Suid-Afrika het aangekondig hy gaan die Zimbabwiese Vrystellingspermitprogram beëindig wat toegelaat het dat 200 000 Zimbabwiërs in die land kon woon en werk. Die permit sal aan die einde van die jaar verstryk en die houers sal vir ander soorte visums aansoek moet doen om in die land te bly, of hulle sal na ‘n tydperk van 12 maande gedeporteer word.  Die hoof van die Vlugteling- en Migrante-regte-program by Regsgeleerdes vir Menseregte in Johannesburg, Sharon Ekambaram, sê dit is ‘n onmenslike besluit wat tot ‘n humanitêre ramp sal lei.