Covid-19 eis sy tol op kinders

Die hoof van maatskaplike-beleid en kinderbeskerming by die Verenigde Nasies se Kinderfonds in Suid-Afrika, Mayke Huijbregts, sê die impak van maskers en sosiale afstand het ‘n dramatiese uitwerking op die ontwikkeling van kinders. Huikbregts het gister by die virtuele Suid-Afrikaanse Kindergesondheidsprioriteite-konferensie oor die impak van Covid-19 op kinders gepraat. Sy het gesê kinders se angs- en nood neem toe want onderrig is onderbreek en dit neem toe wanneer daar ‘n verlies aan ‘n geliefde is. Die hoof van die adolessente-psigiatrie-eenheid, dr. Anusha Lacjman, sê intussen sommige kinders begin selfs chroniese pyn-simptome toon.