Niemand kan aanspraak maak op monopolie oor volksmoord – PDM

McHenry Venaani, die amptelike opposisieleier, het gewaarsku teen politieke houdings en stamgebondenheid wat deur sekere kringe in die volksmoordbespreking en openbare konsultasies ontplooi word. Volgens Venaani kan niemand – ‘n groep of politieke formasie – aanspraak maak op monopolie oor die volksmoord nie, en sê slegs gesamentlike pogings deur alle rolspelers kan ‘n ‘n eerbare ooreenkoms vir Namibiërs in die algemeen, en geaffekteerde gemeenskappe in die besonder, oplewer. Sy PDM-parlementslid, Vipuakuje Muharukua, het vandag in die Nasionale Vergadering gesê wat die betrokke groepe se wense is. Hy het gesê dit is nie die verskonings waarmee die Duitsers gekom het nie.