Wettigheid van Zuma-parool vandag in die hof

Die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria sal vandag AfriForum se dringende aansoek aanhoor om die wettigheid te bepaal van die besluit om mediese parool aan oudpresident Jacob Zuma toe te staan. Die voormalige Nasionale Kommissaris van Korrektiewe Dienste, Arthur Fraser, het verlede maand mediese parool aan Zuma toegestaan. AfriForum sê hy sal aanvoer dat Fraser se besluit onregmatig was en tersyde gestel moet word. Hy voeg by Zuma moet terugkeer tronk toe om die res van sy vonnis uit te dien.