Meer as 5 000 werkers van Clover staak

Meer as 5 000 werkers by die voedsel- en verversingsonderneming Clover het vandag met ‘n staking begin weens werksomstandighede, lae salarisse en kwessies rondom afleggings. Die Algemene Werkersvakbond, ondersteun deur die SA Handel-, spyseniering- en geallieerde werkersvakbond en die vakbondfederasie SAFTU, sê Clover beplan om byna 1 500 werkers af te lê. Die rede vir hierdie afleggings is blykbaar om 300 miljoen rand in kostes te bespaar.