Plaaslike ekonome waarsku oor styging in repokoers

Ekonome waarsku Namibiese verbruikers dat die bank terugkoopkoers in Desember moontlik met 25 basispunte kan styg. Dit volg na die Suid-Afrikaanse Reserwe Bank se aankondiging dat die buurland se terugkoopkoers met 25 basispunte na 3,75 persent opgeskuif. Namibië se repokoers is reeds op 3,75 persent maar, ekonome meen die Bank van Namibië verkies om 25 basispunte hoër as die buurland te wees om geld in die land te hou. Die bank se monetêre beleidskomitee vergader weer op 6 en 7 Desember.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *