Rhode begin sy vonnis van 15 jaar uitdien

Die gewese Suid-Afrikaanse eiendomsmagnaat Jason Rohde, het sy vonnis van 15-jaar vir die moord op sy vrou Susan in die Drakenstein-gevangenis begin. Rhode het homself gister aan die polisie in Stellenbosch oorgegee. Sy regsverteenwoordiger Tony Mostert sê dokumente vir appèl sal binne die volgende twee weke ingedien word. Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het Donderdag Rhode se aansoek van die hand gewys om sy borgtog te verleng in afwagting van die appèl in die Konstitusionele Hof.