Betogers bots met die polisie in Nederland oor nuwe Covid-regulasies

Betogers het vuurwerke na die polisie geskiet en fietse in Den Haag in Nederland aan die brand gesteek een aand nadat betogers die strate in Rotterdam ingevaar het. Die burgers sê hulle is ontevrede oor die nuwe inperkingsmaatreëls wat ingestel is om die toenemende aantal COVID-19-gevalle in Europa te bekamp. Duisende betogers het ook die strate in Oostenryk, Kroasië en Italië ingevaar.