Afriforum oorweeg private vervolging in Horner-moordsaak

Die Suid-Afrikaanse burgerregsorganisasie, AfriForum, sê hy oorweeg private vervolging van die moordbeskuldiges in die Brendin Horner-saak. Die hof het gister die twee verdagtes, Sekola Matlaletsa en Sekwetje Mahlamba, onskuldig bevind aan die moord op die 22-jarige plaasvoorman. Dit kom nadat die hof gesê het daar is nie genoeg bewyse om die twee skuldig aan die moord te vind nie.