MTC lys môre sy aandele op Namibiese Aandelebeurs

Namibië se mobiele telekommunikasie-maatskappy, MTC, gaan môreoggend om nege-uur amptelik sy aandele op die Namibiese Aandelebeurs lys. MTC se hoof van korporatiewe sake, John Ekongo, het dit aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig en alle nuwe aandeelhouers na die geskiedkundige geleentheid uitgenooi.