Fifa sê hy sal gehoor gee aan Safa-klagtes

Fifa het bevestig ‘n dissiplinêre komitee gaan volgende Dinsdag Suid-Afrika se appèl hersien dat die Wêreldbeker kwalifiserende wedstryd teen Ghana oorgespeel moet word. Die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging het ‘n klag gelê oor ‘n duidelike patroon van wedstryd-manipulasie tydens Bafana-Bafana se kwalifiserende wedstryd teen Ghan, met die strafdoel wat onregmatig toegestaan is. Suid-Afrika het die wedstryd met 1-0 verloor. Die Fifa dissiplinêre kode laat ‘n appèl toe, gebaseer op ‘n oogelopende fout deur ‘n skeidsregter. Ghana het ook die reg om kommentaar op die saak te lewer.