Plaaslike vermaaklikheidsbedryf toon herlewingNovember 15, 2021
Met die feestyd om die draai is die vermaaklikheidsbedryf besig om stadig maar seker weer op dreef te kom. June Shimuoshili, ‘n vermaaklikheidsjoernalis is optimisties dat die vermaaklikheidsbedryf vanjaar baie beter sal vaar in vergelyking met die vorige jaar. Vertonings van verlede jaar moes gekanselleer word weens die Covid-regulasies. Volgens Shimuoshili begin die bedryf reeds weer momentum kry.