Ramaphosa open 2021- Inter-Afrika-handelskou in KwaZulu-Natal

President Cyril Ramaphosa gaan die hoofspreker wees by die openingsessie van die
2021- Inter-Afrika-handelskou in KwaZulu-Natal. Die geleentheid word by die Inkosi
Albert Luthuli-internasionale konferensiesentrum in eThekwini gehou. ‘n Woordvoerder
van die buurland se departement van Handel en Nywerheid, Bongani Lukhela, sê die
byeenkoms sal na verwagting meer as tienduisend besoekers en kopers lok.