Die regte regeringsbeleid kan help om kospryse te verminder – kenner

Voedselpryse het in Oktober met 5,4 persent gestyg. Olies en vette is 16,9 persent duurder, brood 1,3 persent, vleis is met 12,5 persent op, suiker en verwante produkte is met 0,7 persent op, groente is 13,9 persent duurder en vrugte is 15,4 persent duurder. Algehele inflasie vir Oktober is 3,6 persent teenoor 3,5 persent in September gemeet. Dr. Kobus Laubscher, ‘n bekende landbou-ekonoom, sê die regering kan dit vir boere makliker maak om te boer en plaaslik voedsel te produseer, veral rakende belastingverligting.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *