SA ekonomie herstel vinniger as verwagNovember 11, 2021
Die Suid-Afrikaanse ekonomie het blykbaar in die eerste helfte van 2021 vinniger herstel as wat verwag is. Dit word toegeskryf aan die verslapping van Covid-inperkingsregulasies. Die minister van finansies, Enoch Godongwana, het vandag die mediumtermynbegroting in die parlement voorgelê. Hy sê ander faktore wat bygedra het, sluit laer rentekoerse en hoër pryse van verbruiksgoedere in.