Jurie in Chauvin-saak beraadslag

Die jurie in die Derek Chauvin-moordverhoor beraadslaag nog oor hul uitspraak oor die dood van George Floyd. Die voormalige polisiebeampte van Minneapolis is van moord aangekla nadat hy verlede jaar vir byna 9 minute op Floyd se nek gekniel het, terwyl laasgenoemde uitgeroep het dat hy nie kon asemhaal nie. Die jurie het 45 getuies aangehoor, waaronder Floyd se goeie vriende. In sy slotbetoog het staatsaanklaer Steve Schleicher jurielede aangemoedig om hul gesonde verstand te gebruik wanneer hulle oor ‘n uitspraak beslis: