Bank van Namibië hervul St. Mary’s Staatshospitaal se suurstoftenke

Die Bank van Namibia het die suurstoftenke van die St. Mary’s Staatshospitaal op Rehoboth hervul. Dit is die tweede skenking van die bank aan die gesondheidsministerie vanjaar. Verlede week is Covid-19 mediese toerusting en voorrade ter waarde van 11 miljoen Namibiese dollar aan die ministerie oorhandig. Die bank is ook besig om ‘n suurstofgenererende aanleg by die Katima Mulilo-staatshopsitaal op te rig. Ruweihdah Mouton, uitvoerende administratiewe assistent van die goewerneur, gee meer besonderhede.