Covid-pandemie benadeel die diamantbedryf

Die Covid-pandemie en sluiting van grense van verskeie lande wêreldwyd het ‘n erge impak op die diamantbedryf. Die bedryf het die afgelope jaar minder diamantproduksie gehad weens die sluiting van diamantmyne en die impak van Covid op werkers. Kennedy Hamutenya, die uitvoerende hoof van Namdia, sê in drie maande kon nie ‘n enkele diamant verkoop word nie.