Eerste albino-ratel by De Hoop gesien

’n Uiters skaars albino-ratel is by die De Hoop-natuurreservaat in die Wes-Kaap op kamera vasgevang. CapeNature sê in ‘n verklaring BirdLife South Africa en Panthera het ‘n navorsingspermit vir ‘n kameralokval-opname gekry. Dit was om roofdiere te bepaal wat ‘n bedreiging vir ‘n nuwe pikkewynkolonie kan wees. Onder beelde wat vasgelê is, was die albino-ratel. Dit is die eerste rekord van hierdie toestand vir hierdie spesie in wetenskaplike literatuur. Albinisme kom voor as gevolg van ‘n vermindering in of afwesigheid van melatonienvorming.