Hoogverraad teen Swartbooi, Seibeb

Die Hoof van President Hage Geingob se sekuriteit Johan Ndjaronguru het ‘n saak van hoogverraad teen beide Bernadus Swartbooi en Henny Seibeb gemaak na die insident in die Nasionale Vergadering tydens die Staatsrede. Swartbooi is gevra om die Huis te verlaat na chaos tydens die vra en antwoord sessie en is uit begelei. Seibeb het die Harambee Welvaartsplan opgeskeer en afgestorm op Geingob. Die twee LPM leiers het sake van hulle eie hangende gemaak. Swartbooi het ‘n saak van aanranding deur bedreiging teen Ndjaronguru oopgemaak en Seibeb het ‘n klag van aanranding en kwaadwillige saakbeskadiging gelê. Sy baadjie is geskeer toe hy met geweld uit die Huis verwyder is. Nuusagentskappe berig dat die betrokke partye nie kommentaar wou lewer nie.