IMF sê leiers het die kans van ‘n leeftyd in Glasgow

Die Internasionale Monetêre Fonds sê wêreldleiers moet nou sterker optree om die Covid-19-pandemie te beëindig en ruimte vir ‘n meer volhoubare en inklusiewe ekonomie te skep. Leiers van die G20-lande ontmoet die naweek in Glasgow vir die konferensie oor klimaatsverandering. Die besturende direkteur van die IMF, Kristalina Georgieva, sê die G20 moet die voortou neem met die deel van Covid-19-entstowwe, ontwikkelende lande finansieel bystaan, en hulle daartoe verbind om teen die middel van die eeu koolstofneutraal te wees. Sy het bygevoeg G20-leiers het die kans van ‘n leeftyd om koolstofvrystellings te help verminder.