Identiteit van die vermoorde pensionaris op Swakopmund bekend

Die Namibiese polisie het die pensionaris wat vermoedelik tussen Donderdagoggend en Vrydagaand in sy huis op Swakopmund vermoor is, as Axel Lupfer (80) geïdentifiseer. Sy naasbestaandes in Duitsland is reeds van sy dood in kennis gestel. Die polisie se koördineerder van misdaadondersoeke in Erongo, adjunk -kommissaris Erastus Iikuyu, het aan die media gesê dat Lupfer se voertuig tydens die aanval gesteel is.