Privaat-kliniek in Engeland het skynbaar duisende verkeerde Covid-toetse gegee
Covid-19-toetse is opgeskort by ‘n privaat-kliniek in Wolverhampton in Engeland nadat ontdek is meer as 40-duisend mense het moontlik die verkeerde uitslae ontvang. Duisende mense het na bewering negatiewe PCR-toetsuitslae ontvang nadat hulle vroeër positief getoets het op ‘n soortgelyke toetsapparaat. Volgens Britse media word beraam dat ongeveer 43-duisend mense tussen die agtste van verlede maand en die twaalfde van hierdie maand die verkeerde uitslae ontvang het. Die Britse Agentskap vir Gesondheidsekerheid sê dit was ‘n enkele voorval slegs by een laboratorium.