WGO: 85% van Covid-infeksies in Afrika nie aangemeld

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het vandag gewaarsku dat tot 85 persent van Covid-infeksies in Afrika nie aangemeld word nie. Die direkteur-generaal van die WGO, dr. Tedros Ghebreyesus, het dié week tydens ‘n vergadering met die Wêreldbank en die Internasionale Monetêre Fonds gesê dat ‘n meer aggressiewe benadering nodig is om te verseker dat meer mense onmiddellike toegang tot toetsing en Covid-entstowwe kry. Fritz Platt, ons korrespondent in Kaapstad, is aan die woord.