SA politieke kenner sê geen beurtkrag tot na verkiesing is ‘n politieke stap

‘n Suid-Afrikaanse politieke kenner het gereageer op Eskom se hoof, André de Ruyter, se aankondiging dat beurtkrag môreoggend opgehef word en hopelik eers weer ná November se verkiesing ingestel word. Fase 2-beurtkrag word sedert Donderdag toegepas. Professor Andre Duvenhage, politieke ontleder van die Noordwes-Universiteit, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit is ‘n politieke stap.