Verstekvonnis teen Angolese ambassade uitgereik

Standard Bank dagvaar die Angolese ambassade in die hoofstad vir net meer as 1,25 miljoen Namibiese dollar in wat die bank sê is ‘n onbetaalde huislening. Volgens die stukke wat vanoggend voor regter Marlene Tommasi in die mosiehof is, is daar reeds ‘n beslagleggingsbevel omdat die verstekvonnis reeds toegeken is. Yanna Smith berig.